1. AANVAARDING VAN HIERDIE BEPALINGS

Hierdie ooreenkoms bevat die gebruiksbepalings wat jou toegang en gebruik van enige Acurian-webwerwe (“Webwerwe”) reël. Hierdie gebruiksbepalings reël die gebruik van die dienste deur jou of enige organisasie namens wie jy die dienste gebruik (gesamentlik hierin na verwys as jy of “gebruiker”). Lees asseblief sowel hierdie gebruiksbepalings as ons privaatheidsbeleid sorgvuldig. Deur die gebruik van enige Acurian-webwerwe of -dienste aanvaar jy en stem jy in om gebonde te wees en jou neer te lê by hierdie gebruiksbepalings en stem jy in tot ons privaatheidsbeleid, wat per verwysing hierby geïnkorporeer is. Indien jy nie wil instem tot hierdie gebruiksbepalings of die privaatheidsbeleid nie moet jy nie toegang verkry tot Acurian se webwerwe of dit gebruik nie.Deur Acurian se webwerwe te gebruik, verklaar en waarborg jy dat jy van wetlike ouderdom is om ‘n bindende kontrak met Acurian aan te gaan en dat jy aan al die voorgaande geskiktheidsvereistes voldoen. Indien jy nie aan hierdie vereistes voldoen nie moet jy nie toegang tot Acurian se webwerwe of dienste verkry of dit gebruik nie.Kennisgewing van arbitrasie-ooreenkoms en klasaksiekwytskelding

Indien jy ‘n inwoner van die Verenigde State is (waaronder VSA-besittings en -grondgebiede), met die aanvaarding van hierdie gebruiksbepalings, stem jy in tot die arbitrasie-ooreenkoms en klasaksiekwytskelding wat in Afdeling 15 beskryf word.

2. VERANDERINGS

Ons mag hierdie gebruiksbepalings van tyd tot tyd volgens eie diskresie hersien en bywerk. Alle veranderings geld onmiddellik sodra ons dit plaas. Jou voortgesette gebruik van die webwerwe ná die plasing van hersiene gebruiksbepalings beteken jy aanvaar en stem in tot die veranderings. Die datum wat heel onder op hierdie bladsy geplaas is, dui die datum aan van Acurian se mees onlangse hersiening of verandering van hierdie bepalings. Dit word van jou verwag om hierdie bladsy gereeld na te gaan sodat jy van enige veranderings bewus is, aangesien dit jou bind.

3. NIE MEDIESE ADVIES NIE

Geen diens op enige van Acurian se webwerwe moet as plaasvervanger dien vir besprekings of evaluerings deur gekwalifiseerde gesondheidsorgkundiges nie. Hoewel ons probeer om deelname deur gekwalifiseerde individue aan toepaslike kliniese navorsingstudies te fasiliteer, moet die vooruitsig op sodanige deelname nie veroorsaak dat jy die nodige aandag aan mediese probleme afsien nie. Bespreek dit asseblief met ‘n gekwalifiseerde gesondheidsorgkundige indien jy voel jy het ‘n mediese toestand.

4. JOU REGTE OM DIE DIENSTE TE GEBRUIK EN BEPERKINGS VAN DAARDIE REGTE

Onderhewig aan jou nakoming van hierdie gebruiksbepalings verleen Acurian aan jou ‘n beperkte, persoonlike, nie-eksklusiewe, herroepbare, nietoekenbare en nie-oordraagbare reg en lisensie om die dienste te gebruik, onderhewig aan die beperkings wat in die oorblywende deel van hierdie afdeling en elders in hierdie gebruiksbepalings beskryf word.Jy begryp en bevestig dat: (a) die dienste inhoud insluit wat deur kopieregte, handelsmerke of ander intellektuele-eiendoms- en eiendomsbesitregte (“regte”) beskerm word; (b) dié regte geldig is en in alle media en tegnologieë beskerm word wat tans bestaan of later ontwikkel word; en (c) tensy andersins uiteengesit word, hierdie gebruiksbepalings en die toepaslike kopiereg-, handelsmerk- en ander wetgewing jou gebruik van sodanige inhoud reël. Die bewyslas sal op jou rus om te bewys dat enige inligting, sagteware, beeld of enige ander inhoud wat by die dienste ingesluit is nie deur regte beskerm word nie. Jy bevestig dat jy nie enige regte verkry deur sulke materiaal af te laai of dit op enige ander manier te bekom nie.Die regte wat in die bostaande paragraaf en elders in hierdie gebruiksbepalings aan jou toegeken word, is aan die volgende beperkings onderhewig:Jy onderneem om die dienste slegs vir wettige, persoonlike en inligtingverwante doeleindes te gebruik. Jy onderneem ook dat jy nie enige hulpbron sal aanwend wat op enige manier deur of tot die voordeel van Acurian (saam die “hulpbronne”) beskikbaar gestel is wat kwaadwillig is of enige toepaslike plaaslike, provinsiale, nasionale of internasionale wetgewing, of die intellektuele-eiendoms- of eiendomsbesitregte van enige derde party oortree nie;
Jy onderneem om nie sonder ons uitdruklike, geskrewe toestemming vooraf enige Acurian-hulpbronne wat deur die regte beskerm word vir kommersiële doeleindes te kopieer, herproduseer, versprei, gedeeltes daarvan te vertoon of daarna te skakel nie;
Jy onderneem om nie enige inligting wat jy weet onwaar, onwettig, bedrieglik, dreigend, kwaadwillig, teisterend, misbruikend, lasterlik, beledigend, obseen of andersins aanstootlik of skadelik is, of wat ‘n virus, fout, wurm, kwaadwillige sagteware, Trojaanse perd of ander skadelike of ontwrigtende element of ‘n skakel daarna op enige Acurian-hulpbronne te plaas of dit daarna oor te dra nie;
Jy onderneem om nie enige geoutomatiseerde nutsmiddel soos ‘n webskraap-nutsmiddel, ‘n bot of ‘n webrobot, of weboutomatisering aan te wend om enige Acurian-hulpmiddel vir inligting te ontgin of om vorms op enige Acurian-hulpbron in te vul nie. Jy onderneem ook om nie enige tegniese maatreëls te omseil wat getref is om sulke toegang te voorkom of beperk nie en dat jy aan die beperkings in enige kopstuk vir robotuitsluiting sal voldoen;
Jy onderneem om nie enige boodskapdiensvermoë wat by Acurian-hulpbronne ingesluit is vir die aflewering van ongevraagde grootmaat e-pos aan te wend nie; en
Jy sal nie enige veiligheids- of toegangsbeheer-tegnologie omseil of probeer omseil wat op enige hulpbron geïmplementeer is wat as deel van die dienste (waaronder enige Acurian-webwerf) beskikbaar is, of enige bedieners, netwerk- of geassosieerde stelsels of fisiese persele wat deur of tot die voordeel van Acurian bedryf word nie.

VAcurian behou die reg voor om aktiwiteit op Acurian-webwerwe sonder kennisgewing of jou toestemming te bekyk, monitor en op te neem. Enige inligting wat deur die monitering, hersiening of opneem van aktiwiteit op Acurian-webwerwe verkry is, is onderhewig aan hersiening deur wetstoepassingsorganisasies in verband met die ondersoek of vervolging van moontlike kriminele aktiwiteit op Acurian-webwerwe. Acurian sal ook aan alle hofbevele voldoen wat versoeke om sulke inligting behels.

5. EIENAARSKAP EN KOPIEREGBESKERMING

Die Acurian-hulpbronne word deur kopiereg ingevolge kopieregwetgewing beskerm en behoort aan of word beheer deur, of is gelisensieer aan, Acurian of die party wat as die verskaffer van die toepaslike Acurian-hulpbronne gelys word. Acurian besit ook ‘n kopiereg op die Acurian-webwerwe as ‘n gesamentlike werk en/of samestelling, en databasisregte wat uit die keuring, koördinering, rangskikking en verbetering van die inhoud van die Acurian-webwerwe voortspruit. ONGEMAGTIGDE KOPIËRING, REPRODUKSIE, VERSPREIDING, VERANDERING, PUBLISERING, VERTONING, AANPASSING, OPLAAI, SKEP VAN AFGELEIDE WERKE, PLASING OF OORDRAG VAN DIE INHOUD VAN ENIGE ACURIAN-HULPBRON IS VERBODE. Acurian behou vir homself of namens sy lisensieerders alle regte voor wat nie uitdruklik deur hierdie gebruiksbepalings toegeken word nie.In jou gebruik van die dienste in ooreenstemming met die beperkte regte wat ingevolge hierdie gebruiksbepalings toegeken word, onderneem jy om aan alle kopiereg-, handelsmerk- of ander kennisgewings te voldoen wat in die dienste vervat is of, in die afwesigheid daarvan, onderneem jy om aan die volgende kopiereg- en handelsmerkkennisgewing rakende sodanige afgelaaide materiaal te voldoen:© 2000-2014 Acurian, Inc. Acurian, Aculaunch, Acupatient, AcuChart en enige en alle ander name, logo’s en ikone wat Acurian se produkte, dienste, inligting en ander materiale identifiseer, is eiendomsbesitmerke van Acurian, Inc. Ander maatskappy- en produkname wat in die dienste gebruik word, is die eiendom van hul onderskeie eienaars. Acurian-merke mag slegs met die toestemming van Acurian in die openbaar gebruik word. Alle regte voorbehou.

6. DERDEPARTY-INHOUD EN -PRODUKTE; SKAKELS NA ANDER WEBWERWE

Sommige dele van of al die inligting en ander materiaal of produkte beskikbaar as deel van die dienste is voorberei of word aangebied deur derde partye wat nie met Acurian geaffilieer is nie. Acurian lewer geen waarborge rakende sulke inligting of ander materiaal of produkte nie. Acurian aanvaar ook geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige besluite gegrond op sodanige inligting of ander materiaal of vir die aanwending van sodanige produkte nie.Die dienste mag dalk skakels insluit na webwerwe en dienste wat nie deur Acurian verskaf word nie. Jou interaksie met hierdie webwerwe en dienste is onderhewig aan die bepalings (waaronder privaatheidsbeleide) wat deur sodanige webwerwe of dienste vasgestel word. Ons beveel aan dat jy hierdie derdepartybepalings deurgaan voordat jy sodanige webwerwe en dienste gebruik.Acurian is nie verantwoordelik vir en onderskryf of waarborg op geen manier enige materiaal, inligting, goedere of dienste wat beskikbaar is deur of geadverteer word op sodanige webwerwe of dienste, of hul privaatheid of ander praktyke nie.

7. PRIVAATHEID EN SEKURITEIT

Ons respekteer jou reg op privaatheid. Ons sal enige persoonlik identifiseerbare inligting ingewin deur die dienste en Acurian-webwerwe (“persoonlike inligting”) in ooreenstemming met Acurian se privaatheidsbeleid aanwend, wat geleë is by https://www.acurian.com/privacypolicy.html. Lees asseblief Acurian se privaatheidsbeleid voordat jy enige van die dienste gebruik.Hoewel ons maatreëls getref het wat ontwerp is om teen ongemagtigde toegang, onderskepping, verlies, misbruik en/of verandering van die inligting onder ons beheer te beskerm, waarborg ons nie dat voorvalle van ongemagtigde toegang, onderskepping, verlies, misbruik en/of verandering van die inligting onder ons beheer nie sal voorkom nie. In die geval van enige ongemagtigde toegang, onderskepping of ander misbruik sal ons nie verantwoordelik wees vir sodanige ongemagtigde toegang, onderskepping of misbruik nie, of enige direkte, indirekte, spesiale, toevallige, gevolglike of ander skade (waaronder winsverliese) wat jy mag ly, selfs al is ons vroeër van die moontlikheid van sulke skade in kennis gestel. Ons waarborg nie uitdruklik of per implikasie dat die inligting wat deur enige gebruiker verskaf word teen ongemagtigde toegang, onderskepping of misbruik bestand is nie.

8. JOU WAGWOORD

Die gebruik van sekere dele van die dienste vereis ‘n wagwoord. Jy sal versoek word om ‘n unieke aanmeld-gebruikernaam (“gebruikersnaam”) en wagwoord (“wagwoord”) te kies. Elke gebruikersnaam en ooreenstemmende wagwoord mag deur slegs een gebruiker gebruik word. Jy begryp en bevestig dat enigiemand wat sowel jou gebruikersnaam as jou wagwoord ken, toegang mag verkry tot enige inligting, waaronder persoonlike inligting, wat jy in die wagwoord-beskermde deel van die dienste geberg het.Jy onderneem om jou wagwoord geheim te hou, om ons in kennis te stel indien jou wagwoord verlore geraak het of in gedrang is, en om uitsluitlik verantwoordelik te wees vir die vertroulikheid en gebruik van jou onderskeie wagwoord(e), sowel as vir enige kommunikasie wat deur Acurian-webwerwe ingevoer is met die gebruik van sodanige wagwoorde.

9. BEËINDIGING

Acurian behou die reg voor om volgens uitsluitlike diskresie, sonder oorsaak en sonder kennisgewing, dienste en/of jou toegang tot sommige of almal onmiddellik te verander, op te skort of te beëindig.

10. VRYWARING VAN WAARBORGE

JY BEGRYP EN ONDERNEEM UITDRUKLIK DAT:

JOU GEBRUIK VAN ENIGE DIENSTE JOU EIE RISIKO IS. DIE DIENSTE OP DIE BASIS VAN “VOETSTOOTS” EN “SOOS BESKIKBAAR” VERSKAF WORD. ACURIAN GEVRYWAAR IS TEEN ALLE WAARBORGE, VOORSTELLINGS EN VOORWAARDES BEHALWE DIÉ WAT UITDRUKLIK IN HIERDIE GEBRUIKSBEPALINGS UITEENGESIT IS EN SONDER BEPERKING GEVRYWAAR IS VAN ENIGE EN ALLE WAARBORGE, VOORSTELLINGS OF VOORWAARDES WAT DEUR WETGEWING, KONVENSIE, VERLOOP VAN HANTERING OF ANDERSINS (WAARONDER ENIGE WAARBORG VAN VERHANDELBAARHEID) GEÏMPLISEER WORD VIR SOVER WETGEWING DIT TOELAAT. ACURIAN GEEN WAARBORG LEWER DAT ACURIAN-WEBWERWE AAN JOU VEREISTES SAL VOLDOEN, OF DAT ACURIAN-WEBWERWE ONONDERBROKE OF OP ‘N TYDIGE, VEILIGE EN FOUTVRYE MANIER SAL WERK, OF RAKENDE DIE AKKURAATHEID OF VOLLEDIGHEID VAN ENIGE INLIGTING WAT TOEGANKLIK IS VAN OF VERSKAF WORD DEUR VERBINDING MET DIE DIENSTE NIE. ACURIAN NIE BETROKKE IS BY DIE LEWERING VAN WETLIKE, MEDIESE, BERADING- OF ANDER PROFESSIONELE DIENSTE OF ADVIES NIE. ACURIAN JOU AANMOEDIG OM TOEPASLIKE PROFESSIONELE ADVIES OF SORG TE VERKRY VIR ENIGE SITUASIE OF PROBLEEM WAT JY MAG HÊ.

11. BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID

ACURIAN SAL NIE VERANTWOORDELIK WEES VIR ENIGE DIREKTE, INDIREKTE, TOEVALLIGE, SPESIALE, STRAFBARE OF GEVOLGLIKE SKADE NIE, HETSY VOORSIENBAAR OF NIE, WAT DIE GEVOLG IS VAN (A) DIE GEBRUIK VAN OF ONVERMOË OM DIE DIENSTE OF DIE INHOUD DAARBY INGESLUIT TE GEBRUIK; (B) ONGEMAGTIGDE TOEGANG TOT OF VERANDERING VAN JOU OORDRAGTE OF DATA; OF (C) ENIGE OORTREDING VAN HIERDIE GEBRUIKSBEPALINGS, WAARONDER, MAAR NIE BEPERK NIE TOT, DIE KOSTE VAN DIE VERKRYGING VAN PLAASVERVANGENDE GOEDERE EN DIENSTE, SKADE WEENS WINSVERLIESE, GEBRUIK, DATA OF ANDER ONTASBARE DINGE, SELFS INDIEN ACURIAN OOR DIE MOONTLIKHEID VAN SULKE SKADE INGELIG IS.Aangesien sommige state of jurisdiksies nie die uitsluiting of beperking van aanspreeklikheid vir gevolglike of toevallige skade toelaat nie, mag die bostaande beperkings en uitsluitings in sodanige state of jurisdiksies dalk nie vir jou geld nie. In sodanige state of jurisdiksies is Acurian se aanspreeklikheid beperk tot die mate wat wetgewing dit toelaat. Daardeur word Acurian se aanspreeklikheid teenoor jou tot die laagste bedrag geminimaliseer wat die toepaslike wetgewing toelaat.

12. KWYTSKELDING

Jy onderneem om elk van Acurian, sy filiale, affiliate, beamptes, direkteure, werknemers en enige derde partye wat inhoud verskaf wat by die dienste ingesluit is, kwyt te skeld en skadeloos te hou teen enige aanspraak of eis (waaronder, maar nie beperk nie tot, redelike regskostes) wat deur enige derde party aanhangig gemaak word weens of voortspruitend uit jou gebruik van die dienste.

13. TOEWYSING

Acurian behou uitdruklik die reg voor om sy regte en verpligtinge ingevolge hierdie gebruiksbepalings gedeeltelik of as geheel na ’n ander regsentiteit oor te dra as deel van enige verkoop of samesmelting van die hele, of net ’n gedeelte van Acurian, Inc. met ’n afsonderlike regsentiteit.

14. TOEPASLIKE WETGEWING

Hierdie gebruiksbepalings sal gereël word deur en ooreenkomstig wetgewing van die gemenebes van Pennsilvanië uitgelê word, met die uitsluiting van bepalings oor teenstrydige wetgewing. Enige optrede om hierdie gebruiksbepalings af te dwing sal in die federale of deelstaathowe in en van die gemenebes van Pennsilvanië aangehoor word en alle partye tot hierdie gebruiksbepalings onderneem uitdruklik om onderhewig aan die jurisdiksie en ligging van sodanige howe te wees.

15. ARBITRASIE-OOREENKOMS EN KLASAKSIEKWYTSKELDING

A. Arbitrasie-ooreenkoms

Enige dispuut, geskil of eis (gesamentlik “eis”) wat op enige wyse met jou gebruik van Acurian se dienste, webwerwe of hulpbronne verband hou, of wat op enige wyse met Acurian se kommunikasie met jou verband hou, sal deur bindende arbitrasie finaal besleg word.Hierdie verpligte arbitrasie-ooreenkoms geld vir jou en Acurian. Dit reël egter nie enige eis vir persoonlike beserings wat jy teen ‘n gesondheidsorggewer of -produkvervaardiger indien nie. Dit verhinder jou ook nie om in gepaste gevalle van toepaslike prosedures in ‘n hof vir klein eise gebruik te maak nie. Hierdie arbitrasie-ooreenkoms verhinder Acurian ook nie om in enige hof ‘n aansoek om ‘n interdik teen jou in te dien om ‘n voorlopige bevel te verkry teen jou oortreding of ander misbruik van intellektuele eiendomsregte of enige van die dienste of hulpbronne wat ons ter goeder trou beweer hierdie gebruiksbepalings oortree nie.Arbitrasie is meer informeel as ‘n regsgeding in die hof. In arbitrasie is daar nie ‘n regter of jurie nie. Pleks daarvan word die dispuut deur ‘n neutrale arbitrator besleg. Hersiening deur ‘n hof van ‘n arbitrasiebevinding is beperk. Behalwe vir die mate waarin partye andersins ooreenkom, mag arbitrators dieselfde skadevergoeding en verligting beveel as wat ‘n hof kan. Jy kom ooreen dat die VSA se federale arbitrasiewet die interpretasie en afdwinging van hierdie bepaling reël en dat jy en Acurian albei afstand doen van die reg op ‘n verhoor voor ‘n jurie of om aan ‘n klasaksie deel te neem. Hierdie arbitrasie-ooreenkoms sal enige beëindiging van hierdie gebruiksbepalings oorleef.

Die eerste stap in ‘n arbitrasiegeding is vir jou om ‘n brief, waarin jy arbitrasie aanvra en jou eis omskryf, aan die volgende adres te stuur: Acurian, Inc., 2 Walnut Grove Drive, Suite 375, Horsham, PA, 19044 United States. Indien jy ‘n individu is, sal die arbitrasie deur die Amerikaanse arbitrasievereniging (AAA) volgens sy reëls gehanteer word, waaronder die AAA se aanvullende prosedures vir verbruikersverwante geskille. Die AAA se aanvullende prosedures vir verbruikersverwante geskille sal nie aangewend word indien jy nie ‘n individu is of die dienste namens ‘n entiteit gebruik het nie. The AAA se reëls is beskikbaar by www.adr.org of deur 1-800-778-7879 te skakel.

Die getal arbitrators sal een wees. Die arbitrasie sal in die Engelse taal in die stad Philadelphia, Pennsilvanië, gehou word. Wetgewing van Pennsilvanië sal geld. Aansoek om oordeel oor die toekenning deur die arbitrator mag by enige hof ingedien word wat daaroor jurisdiksie het.

Die betaling van alle indienings-, administrasie- en arbitratorgelde sal deur die AAA se reëls gereël word. Indien jy ‘n individu is en nie toegang tot die dienste namens ‘n entiteit verkry het nie, sal ons daardie gelde of eise tot ‘n maksimum van $10 000 terugbetaal, tensy die arbitrator bevind die eise is beuselagtig. Ons sal ook nie prokureursgelde en -kostes in arbitrasie aanvra nie, tensy die arbitrator bevind die eise is beuselagtig. Jy mag besluit die arbitrasie moet per telefoon geskied, gegrond op geskrewe voorleggings, of persoonlik in die land waarin jy woon, of op ‘n ander plek waarop wedersyds ooreengekom word.

Die arbitrator (nie enige federale, deelstaat- of plaaslike hof nie) het die eksklusiewe gesag om enige geskil wat verband hou met die interpretasie, toepaslikheid, onbillikheid, arbitreerbaarheid, afdwingbaarheid of vorming van hierdie arbitrasie-ooreenkoms te besleg, waaronder enige eis dat die hele of ‘n deel van hierdie arbitrasie-ooreenkoms nietig of nietigverklaarbaar is. Die voorafgaande sin geld egter nie vir die klousule hieronder getiteld “Klasaksiekwytskelding” nie.

B. Klasaksiekwytskelding

Enige eis moet in die onderskeie party se individuele hoedanigheid ingedien word en nie as ‘n klaer of klaslid van enige sogenaamde klas-, kollektiewe, verteenwoordigende, veelvuldigeklaer- of soortgelyke geding (“klasaksie”) nie. Die partye doen uitdruklik afstand van enige vermoë om enige klasaksie in enige forum te handhaaf. Die partye begryp dat afstand gedoen word van enige reg om in ‘n hof te litigeer, dat ‘n regter of jurie hul saak verhoor of om ‘n party in ‘n klas- of verteenwoordigende aksie te wees en dat enige eise individueel deur arbitrasie beslis moet word.

Enige eis dat die hele of ‘n deel van hierdie klasaksiekwytskelding onafdwingbaar, gewetenloos, nietig of nietigverklaarbaar is, mag slegs deur ‘n hof met bevoegde jurisdiksie en nie deur ‘n arbitrator bepaal word nie. Die arbitrasie-ooreenkoms in geheel sal nietig wees indien hierdie klasaksiekwytskelding onafdwingbaar verklaar word. Die arbitrator mag verklarende of injunktiewe verligting toeken slegs ten gunste van die individuele party wat om verligting aansoek doen en slegs in die mate wat nodig is om verligting te verskaf wat deur daardie party se individuele eis geregverdig word. Elk van ons doen afstand van enige reg op ‘n verhoor voor ‘n jurie indien die eis om enige rede in die hof aangehoor word.

16. KWYTSKELDING EN SKEIBAARHEID

Geen kwytskelding deur Acurian van enige bepaling of voorwaarde wat in hierdie gebruiksbepalings uiteengesit is, sal as ‘n verdere of deurlopende kwytskelding van sodanige bepaling of voorwaarde of ‘n kwytskelding van enige ander bepaling of voorwaarde geag word nie. Enige nalating van Acurian om ‘n reg of bepaling ingevolge hierdie gebruiksbepalings te handhaaf, sal nie ‘n kwytskelding van sodanige reg of bepaling uitmaak nie.

Indien enige bepaling in hierdie gebruiksbepalings om enige rede deur ‘n hof of ander tribunaal met geldige jurisdiksie as ongeldig, onwettig of onafdwingbaar verklaar word, sal sodanige bepaling geskrap word of tot die minimum mate beperk word sodat die oorblywende bepalings van die gebruiksbepalings ten volle van krag en effek bly.

17. DIVERSE

Indien dit bevind word dat enige bepaling in hierdie gebruiksbepalings onwettig, nietig of om enige rede onafdwingbaar is, sal daardie bepaling uit hierdie bepalings geskrap word sonder om die geldigheid en afdwingbaarheid van enige oorblywende bepalings te beïnvloed. Hierdie gebruiksbepalings is die volledige en eksklusiewe verklaring van die ooreenkoms tussen jou en Acurian rakende die dienste. Dit kom in die plek van en vervang enige vorige of parallelle mondelinge of geskrewe ooreenkoms en enige ander kommunikasie tussen jou en Acurian.

18. KONTAKINLIGTING

Enige vrae oor Acurian-webwerwe en ander versoeke om bykomende inligting rakende Acurian en sy produkte en dienste kan aan Acurian gerig word by information@acurian.com. Let egter asseblief daarop dat kommunikasie deur daardie adres nie geag word as wetlike kennisgewing aan Acurian of enige van sy beamptes, werknemers, agente of verteenwoordigers in enige situasie waar kennisgewing aan Acurian deur kontrak of enige wetgewing of regulasie vereis word nie.