Hersien: 23 Junie, 2016

Hierdie privaatheidsbeleid beskryf hoe Acurian, Inc. (“Acurian”) die persoonlike inligting wat jy op ons webwerwe voorsien insamel en gebruik. Acurian se primêre missie is om bewustheid te vermeerder van, en deelname moontlik te maak aan, kliniese proefnemings wat verband hou met die ontwikkeling van navorsingmedisyne en -behandelings. Individue vertrou persoonlike en vertroulike inligting aan ons toe, daarom het ons hierdie privaatheidsbeleid (“Beleid”) aanvaar om jou in te lig oor ons insameling-, gebruiks- en beskermingspraktyke ten opsigte van sulke inligting. Die Beleid verduidelik in algemene terme hoe ons wil voldoen aan dataprivaatheidswette en -regulasies, wat nasionale wette insluit, maar nie daartoe beperk is nie.

Kinders jonger as 13

Ons webwerwe is nie bedoel vir kinders jonger as 13 jaar oud nie. Niemand jonger as 13 jaar mag enige persoonlike inligting deur ons webwerwe aan ons voorsien nie. Ons samel nie wetend persoonlike inligting van kinders jonger as 13 in nie. As jy jonger as 13 is, moet jy nie ons webwerwe gebruik of enige inligting daaraan voorsien nie. As ons te wete kom dat ons persoonlike inligting van ‘n kind jonger as 13 ingesamel of ontvang het, sal ons daardie inligting skrap.

Inligting Gedek deur hierdie Beleid

Hierdie Beleid is van toepassing op enige persoonlik-identifiseerbare inligting oor jou (“Persoonlike Inligting”) wat jy aan Acurian mag voorsien wanneer jy:

  • enige van ons webwerwe gebruik of inligting per e-pos aan ons stuur;
  • met een van ons verteenwoordigers oor die foon gesels; of
  • inligting skriftelik voorsien.

Inligting wat versamel word en hoe ons dit gebruik

Ons vra op verskillende plekke op ons webwerf en tydens sakepraktyk vir u om inligting, wat ons in staat sal stel om u (hetsy u ’n pasiënt of ’n dokter is) te voorsien van inligting wat spesifiek op u gemik is. As u graag in aanmerking wil kom vir inskrywing by ’n kliniese studie, stel dié inligting ons in staat om u te kontak oor spesifieke studies waarvoor u moontlik kwalifiseer. Ons versamel inligting op die volgende maniere:

  • Aanvanklike Gebruikerregistrasie. Ons samel inligting (byvoorbeeld naam, geboortedatum, e-posadres, adres, foonnommer en demografiese inligting) in wat jy aan ons voorsien wanneer jy by een van ons webwerwe registreer.
  • Verdere inligting. Ons kan op verskeie plekke op ons webwerf vir u verdere inligting vra, sodat ons vir u bykomende dienste kan lewer (bv. kennisgewing van u afsprake of nuwe kliniese studies).
  • Registrasievorms. Baie van ons gebruikers stel belang om vir kliniese proefnemings te registreer. Ons vra mediese inligting deur middel van ‘n vraelys aan ten einde te bepaal of jy aan die kriteria van ‘n spesifieke proefneming voldoen. Indien jy aan die voorafkwalifikasie-kriteria vir die proefneming voldoen, en uitdruklik aan Acurian verlof gee, sal jou inligting aan ‘n navorser in jou gebied aangestuur word vir verdere evaluering; streng wetlike beperkings wat die bekendmaking van persoonlike inligting reguleer, sal aan die navorser opgelê word. Jy kan ook jou kind se geboortedatum en mediese inligting insleutel om te bevestig of jou kind aan die kriteria vir ‘n spesifieke proefneming voldoen.
  • Data-samevoeging. Om ons in staat te stel om ons dienslewering aan u te verbeter, kan ons onder sekere omstandighede u Persoonlike Inligting kombineer met saamgevoegde data oor groepe mense in soortgelyke omstandighede. Byvoorbeeld, sou u poskode ’n egskeidingskoers van 50% hê, sou ons kon aflei dat daar ’n moontlikheid van 50% is dat u geskei is.
  • Vertel-‘n-vriend. Ons laat gebruikers toe om hul vriende van ons webwerf te vertel deur ons verwysingsdiens te gebruik. As jy jou vriend of vriendin se naam en e-posadres voorsien, sal ons outomaties ‘n eenmalige e-pos stuur wat hom of haar nooi om ons webwerf te besoek. Ons stoor nie hierdie e-posadres nie en sal dit nie vir enige ander doel gebruik nie. Jou vriend of vriendin mag ons kontak by information@acurian.com om te versoek dat ons hierdie inligting uit ons databasis verwyder.
  • Nuusbriewe. Ons en ons vennote (bv. mediese sentrums, gesondheidsorgmaatskappye en mediese webwerwe) bied soms nuusbriewe of ander publikasies wat op spesifieke mediese toestande fokus wat u dalk graag sou wou ontvang. As u vir ’n bepaalde nuusbrief vra, sal ons u kontakbesonderhede gebruik om die materiaal af te lewer wat u versoek het.
  • Datavennote. Acurian is in vennootskap met verskeie maatskappye wat selfgerapporteerde gesondheidsinligting versamel wat verstrek is deur verbruikers wat gekies het om aan ’n bepaalde opname deel te neem. As u Persoonlike Inligting aan een van ons datavennote verstrek het (insluitend inligting oor u gesondheid, koopgewoontes of leefstyl), aangedui het dat u in kliniese navorsingstudies of gesondheidsinligting belangstel en gekies het om inligting van belang van derde partye te ontvang, is dit moontlik dat ons u Persoonlike Inligting van daardie datavennoot kan ontvang.
  • Openbare rekords. Onder sekere omstandighede mag ons die inligting wat u aan ons datavennote verstrek het, koppel aan data oor u wat in openbare bronne voorkom, soos telefoonnommers in die telefoongids.
  • Leefstylgebaseerde analitika. Onder sekere omstandighede kan ons u per pos kontak oor moontlike kliniese studies waar inligting wat u vrywillig aan ons datavennote verstrek het of wat in openbare bronne soos telefoongidse voorkom, op grond van die ontleding van verskillende demografiese en samelewingstendense aantoon dat u moontlik by sodanige studies kan baat vind.
  • Boodskapdienste. As u by ’n kliniese studie inskryf en uitdruklik toestem om studie-inligting en -boodskappe te ontvang, sal ons vir u afspraakherinneraars, studie-instruksies en ander belangrike studie-inligting stuur. Verder kan ons moontlik relevante inligting met die studiedokter en -personeel uitruil ten einde genoemde dienste te kan lewer.
  • Uitkeuseversoeke. As u ons per e-pos of via ons webwerf laat weet dat u nie meer inligting wil ontvang of gekontak wil word nie sal ons sekere van u inligting behou om verdere kontak met u te vermy. Ons mag ook u inligting behou in die mate dat dit voorheen by geanonimiseerde data geïnkorporeer is, en soos dit vir ons nodig is om aan regsvereistes te kan voldoen en eise teen ons te kan verdedig.
  • Hulpbrondokumente-registrasie. As u registreer om ons hulpbrondokumente te gebruik, vra ons u naam, en die maatskappy se e-posadres, naam en telefoonnommer. Ons gebruik dié inligting om vir u ’n rekening te skep om vir u toegang tot ons pasiëntwerwingswitskrifte, webinaaropnames, brosjures, gevallestudies en ander hulpbronne te verleen

Ons sal jou inligting behou vir so lank as wat jou rekening aktief is of soos nodig om dienste aan jou te lewer. Jy mag jou inligting uit ons kontaklys verwyder deur ‘n e-pos getiteld “Unsubscribe” (uitteken) te stuur aan information@acurian.com. Let asseblief daarop dat ons jou inligting mag behou en gebruik soos nodig om ons regsverpligtinge na te kom indien ons glo dat bekendmaking nodig is om ons regte te beskerm en/of gehoor te gee aan ‘n geregtelike proses, hofbevel of soortgelyke regsproses uitgereik op ons webtuiste, om dispute op te los en ons ooreenkomste af te dwing.

Inligtingsdeling en -oordrag

Ons sal slegs jou Persoonlike Inligting met derde partye deel op die maniere wat beskryf word in hierdie privaatheidverklaring of tensy jy uitdruklik instem tot sodanige deling.

Diensverskaffers/Vennote

Ons mag jou inligting verskaf aan derdeparty-diensverskaffers (byvoorbeeld oproepsentrums, e-posdiensverskaffers), of datavennote wat kontraktueel daartoe verbind word om jou inligting vertroulik te hanteer en verbied word om jou inligting aan ander bekend te maak.

Wanneer en hoe Acurian jou mag kontak

Wanneer jy by Acurian registreer, of ‘n voorafkwalifikasie-vraelys voltooi wat verband hou met ‘n spesifieke proefneming, dui jy aan dat jy instem dat Acurian jou persoonlike inligting in ons databasis mag stoor en jou op verskillende maniere (waaronder telefoon, e-pos en pos) mag kontak oor kliniese proefnemings waarvoor jy moontlik geskik is. Jy het ook die opsie om e-posse oor nuwe plasings op ons webwerf te ontvang, waaronder nuus of nuwe kliniese proefnemings. Boonop mag Acurian jou periodiek kontak wanneer ons nuwe funksies tot ons webtuiste toegevoeg het, sodat jy kan voordeel put uit die nuwe dienste. Indien jy ‘n teksboodskap van ons ontvang en graag sodanige boodskappe wil beëindig, kan jy met die woord “STOP” antwoord. Die verskaffing van ‘n telefoonnommer dien as jou instemming dat Acurian jou mag kontak by daardie nommer vir die doeleindes wat in hierdie Beleid uiteengesit word.

Koekies / Opsporingstegnologi

Ons as Acurian en ons sustermaatskappye, of ontleders of diensverskaffers, gebruik tegnologieë soos koekies, bakens, etikette en tekste, om neigings te ontleed, die webwerf te bestuur, die gebruikers se bewegings op die webwerf te volg, en om demografiese inligting oor ons gebruikersbasis in die geheel in te samel. Ons mag op ‘n individuele en geheelbasis verslae ontvang wat gebaseer is op die gebruik van hierdie tegnologieë deur hierdie maatskappye.

‘n Koekie is ‘n datalêer wat ‘n webwerfbediener op die hardeskyf van ‘n rekenaar van ‘n besoeker aan hulle webtuiste plaas. Eerstepartykoekies (besit en beheer deur Acurian) word geaktiveer op die rekenaars van diegene wat ons webwerwe vir die volgende doelwitte besoek: om die gebruiker-ervaring te verbeter deur die webwerf toe te laat om ‘n besoeker te onthou terwyl hulle deur verskillende blaaie blaai; om ons in staat te stel om webwerfontledings te doen; om vas te stel of besoekers aan die webwerf later verwysings na kliniese proefnemings word. Een van die maniere waarop ons dit doen, is deur die gebruik van Google Analytics wat datalae gebruik wat hier gelys is.

Eersteparty-koekies word geaktiveer en beheer deur ons webspan, wat op Amerikaanse grondgebied gevestig is. Ons webwerwe plaas ook koekies ten einde Acurian-geborgde advertensies op derdeparty-webwerwe te dien, en vir die uitvoering van verskillende koste-ontledings wat met die webwerf verband hou.

As jy koekies verwerp, mag jy steeds ons webwerf gebruik, maar jou vermoë om sommige kenmerke of areas van ons webwerf te gebruik, sal dalk beperk wees.

Soos die meeste webwerwe, samel ons sekere inligting outomaties in en stoor dit in loglêers. Hierdie inligting kan internetprotokol (IP)-adresse, blaaiersoort, internetdiensverskaffer (ISP), verwysing-/uitgangsblaaie, bedryfstelsel, datum-/tydstempel, en/of klikstroomdata insluit.

Ons kan hierdie outomaties-ingesamelde loginligting kombineer met ander inligting wat ons oor jou insamel. Ons doen dit om dienste wat ons aan jou bied te verbeter en om ontledings en webwerffunksies te verbeter.

Acurian mag derde partye toelaat om vir advertensiedoeleindes koekies op ons webwerf te plaas. Hierdie derde partye mag tegnologieë soos koekies gebruik om inligting oor jou aktiwiteite op hierdie webwerf en ander webwerwe in te samel ten einde advertensies aan jou te voorsien wat gegrond is op jou rondblaai-aktiwiteite en belangstellings. Hierdie Privaatheidsbeleid dek nie die insamelingsmetodes of gebruik van die inligting wat hierdie verkopers insamel nie. Hulle het hul eie privaatheidsbeleide en mag lede wees van die Network Advertising Initiative (“NAI”). Indien jy verwyder wil word uit sommige of alle NAI-lidadvertensieprogramme, besoek asseblief dieNAI-Opt-Out Page (uittekenblad) en volg die betrokke instruksies. Of as jy nie wil hê dat hierdie inligting gebruik moet word om belangstelling-gebaseerde advertensies aan jou te lewer nie, kan jy onttrek deur hier te klik (of as jy in die Europese Unie geleë is, klik hier). Let asseblief daarop dat dit nie jou intekening op die ontvangs van advertensies beëindig nie. Jy sal steeds generiese advertensies ontvang.

Sosiale-media-hulptuie

OOns webwerf sluit Sosiale-media-kenmerke (soos die Facebook Like-knoppie) en Hulptuie (soos die Share this-knoppie), of interaktiewe mini-programme wat op ons webwerf loop, in. Hierdie kenmerke kan jou IP-adres en watter bladsy jy op ons webwerf besoek aanteken, en kan ‘n koekie stel om die kenmerk behoorlik te laat werk. Sosiale-media-kenmerke en Hulptuie word óf deur ‘n derde party, óf direk op ons webwerf gehuisves. Jou interaksies met hierdie kenmerke word beheer deur die privaatheidsbeleid van die maatskappy wat dit voorsien.

Regstelling van Jou en Jou Kind se Persoonlike Inligting en “Opting Out”(Ontrekking)

Jy mag te enige tyd jou persoonlike inligting of jou kind se inligting regstel, jou kontakvoorkeure wysig, of kies om heeltemal van ons dienste te onttrek. Jy kan jou of jou kind se inligting bywerk, foute regstel of sommige of al jou of jou kind se inligting skrap deur ‘n e-pos aan ons te stuur by information@acurian.com; ons sal binne 30 dae jou versoek tot toegang beantwoord.

Ons verwys soms na jou instemming om gekontak te word, om ingesluit te word in ‘n kliniese proefneming, of na ander gebruik van jou persoonlike inligting as “opting in”(intekening). Jy mag te enige tyd jou instemming terugtrek (dit wil sê “opt out” (onttrek).

Wanneer jy die eerste keer inligting aan ons voorsien, kan jy vir ons instruksies gee oor ander kommunikasies (bv. aanvra van nuusbriewe, ens.). Jy mag uitteken van ontvangs van ons nuusbriewe deur op die “unsubscribe”(teken uit)-skakel te klik wat onderaan elke nuusbrief voorkom. Om heeltemal uit te teken op ons dienste, stuur asseblief ‘n e-pos getiteld “Unsubscribe” (teken uit) aan information@acurian.com

Inligtingsekuriteit

Ons handhaaf die beveiliging van inligtingsekuriteit om jou Persoonlike Inligting te beskerm. Ons beskerm enige Persoonlike Inligting wat jy voorsien deur van enkodering gebruik te maak, en gebruik brandmure om ons rekenaarnetwerk teen kuberkrakers te beskerm. Ons neem redelike stappe wat ontwerp is om ongemagtigde toegang tot en die gebruik en wysiging van persoonlike inligting te voorkom, maar kan nie die sekuriteit van sodanige inligting waarborg nie.

Ons vereis dat jy ‘n gebruikernaam en wagwoord kies. Ten einde die kans dat iemand jou wagwoord reg raai te minimaliseer, vereis ons wagwoorde met ‘n minimum lengte van 8 karakters, wat syfers en bo- en onderkasletters insluit. Let asseblief daarop dat geen metode van versending oor die internet, of metode van elektroniese berging, 100% veilig is nie. Daarom kan ons nie die volkome sekuriteit daarvan waarborg nie.

Databeskermingwette

In regsgebiede met databeskermingwette sal ons verseker dat individue alle relevante informasieregte aangaande hulle persoonlike inligting deur ons verwerk kan uitoefen, insluitend die regte op toegang en regstelling, om direkte bemarking te voorkom, verwerking te blok en inligting uit te wis. Acurian het Standaard Kontraktuele Klousules voltrek ten einde persoonlike inligting van die Europese Ekonomiese Gebied oor te dra.

Skakels met Derdeparty-webwerwe

Ons webwerf sluit skakels na ander webwerwe in (waaronder, maar nie beperk tot Facebook en Twitter nie) waarvan die privaatheidspraktyke van dié van Acurian kan verskil. As jy persoonlike inligting by enige van hierdie webwerwe indien, word jou inligting beheer deur hulle privaatheidverklarings. Ons moedig jou aan om die privaatheidverklaring van enige webwerf wat jy besoek noukeurig deur te lees.

Verkoop of oordrag van korporatiewe bates

Acurian behou uitdruklik die reg voor om sy databasis van inligting oor te dra na ’n ander regsentiteit, as deel van enige verkoop of samesmelting van Acurian, Inc. met sodanige entiteit. Enige entiteit wat Acurian se databates verkry, sal dit doen met die uitdruklike, skriftelike verbintenis daartoe dat die data slegs vir gemagtigde doeleindes gebruik sal word, en slegs as die entiteit ’n soortgelyke vlak van privaatheid en inligtingsekerheidsbeskerming handhaaf. U sal per e-pos of kennisgewing op ons webwerf in kennis gestel word van enige verandering in eienaarskap of gebruike van u Persoonlike Inligting, sowel as enige keuses wat u ten opsigte van u Persoonlike Inligting mag hê.

Navrae, Klagtes en Versoeke om Regte Uit te oefen

Alle kommunikasies, navrae, versoeke om regte op inligting uit te oefen (byvoorbeeld toegang tot data) of klagtes moet geadresseer word:

  • per e-pos aan information@acurian.com
  • per faks aan (215) 323-9001, Attn: Privacy Officer
  • met gewone pos aan Acurian, Inc., Attn: Privacy Officer, 2 Walnut Grove Drive, Suite 375, Horsham, PA, 19044.

TRUSTe Gesertifiseerde Privaatheidseël

Die TRUSTe-sertifisering is van toepassing op die volgende eiendomme:

Ten einde ons verhouding met TRUSTe te besigtig, besoek asseblief die geldigheidsblad wat gesien kan word deur op die TRUSTe-seël te klik.

As jy vrae of bekommernisse oor hierdie Beleid het, moet jy eers die kantoor van ons privaatheidsbeampte by privacyofficer@acurian.com kontak. As jy ‘n klagte het wat ons nie kan oplos nie, kan jy TRUSTe kontak deur middel van die webvorm wat hier beskikbaar is, of per faks by 415-520-3420 of pos aan TRUSTe Compliance Dept. te stuur, klik vir posadres. As jy per faks of brief ‘n klagte by TRUSTe indien, moet jy die volgende inligting insluit: die naam van die maatskappy, die beweerde privaatheidskending, jou kontakinligting, en of jy wil hê dat die besonderhede van jou klagte met die maatskappy gedeel moet word. Klik asseblief hier vir faks- of posinligting. TRUSTe se Dispuutoplossingproses is net in Engels beskikbaar.

Acurian het maatreëls in werking gestel om te verseker dat voldoende beskerming voorsien word aan sodanige data waar dit wetlik verplig word. Acurian het byvoorbeeld Standaard Kontraktuele Klousules voltrek ten einde persoonlike inligting van die Europese Ekonomiese Gebied oor te dra.

Veranderings aan die Beleid

Ons hersien gereeld ons Beleid om te verseker dat dit ‘n toepaslike vlak van beskerming aan jou persoonlike inligting bied. Ons kan soms veranderings aan ons Beleid aanbring sodat dit tred hou met bedryfstandaarde, en soos wat wetlik vereis word. Ons sal die datum van die mees onlangse hersienings op hierdie blad plaas. Besoek asseblief van tyd tot tyd hierdie blad om seker te maak dat jy op hoogte is van ons Beleid. Hou asseblief in gedagte dat jou gebruik van ons webwerf beteken dat jy ons Privaatheid- en Sekuriteitsbeleid aanvaar. Vir meer inligting hieroor, lees asseblief ons Diensvoorwaardes vir gebruik van die webwerf. As ons hierdie beleid wesenlik verander, sal ons jou hier, per e-pos of deur middel van ‘n kennisgewing op ons tuisblad in kennis stel voordat die veranderings van krag word.

Het jy ‘n vraag? Kontak ons!
Het jy ‘n vraag of wil jy nuwe inligting ontvang oor Acurian se oplossings? Voorsien eenvoudig ‘n bietjie inligting en ‘n verteenwoordiger van Acurian sal jou graag kontak.

PRIVACY POLICY TRANSLATIONS »