Privaatheidsbeleid
Voorheen bygewerk: 13 Oktober 2021
Acurian, Ing. se (“Acurian,” “ons”) missie is om bewustheid te verhoog oor, en om deelname aan kliniese studies te fasiliteer, wat verband hou met die ontwikkeling van ondersoekmedikasie en terapie. Individue vertrou ons met inligting van persoonlike en vertroulike aard. Daarom het ons hierdie privaatheidsbeleid (“beleid”) aangeneem om u in kennis te stel van ons praktyke in verband met die insameling, gebruik en beskerming van inligting wat ons deur ons webtuistes insamel, insluitend www.acurian.com, www.acuriantrials.com, www.acurianhealth.com; deur gelisensieërde toepassings (elkeen ’n “webtuiste,” of kollektief, die “webtuistes”); deur ons interaksies wat nie aanlyn geskied nie; asook vanaf derde party bronne. Dit beskryf ook die keuses wat u kan maak in verband met daardie inligting.
Hierdie beleid is van toepassing op inligting wat Acurian insamel wanneer:
- u enige van ons webtuistes gebruik of met ons korrespondeer deur e-pos;
- u telefonies met een van ons verteenwoordigers praat;
- u inligting skriftelik aan ons verskaf; of
- wanneer ons inligting omtrent u vanaf derde party bronne ontvang.
Indien u ’n inwoner van die Staat van Kalifornië is, inkorporeer hierdie beleid ook ons Privaatheidskennisgewing vir inwoners van Kalifornië, wat bykomende inligting insluit wat vereis word onder Kaliforniese wetgewing.
Die persoonlike inligting wat ons insamel en hoe ons dit insamel en gebruik
Afhangende van die aard van u interaksie met ons, kan ons verskeie tipes inligting van u en omtrent u, insamel. Hierdie inligting kan persoonlike inligting omtrent u insluit, wat u direk aan ons verskaf, byvoorbeeld deur aanlynvorms of wanneer u per e-pos met ons korrespondeer; inligting wat ons outomaties omtrent u en u toestel insamel wanneer u die webtuistes gebruik; en inligting wat ons omtrent u insamel van ander bronne, byvoorbeeld deur u datavennote en openbare rekords. Hieronder beskryf ons die inligting wat ons insamel en hoe ons dit insamel in meer besonderhede.
- Kontakbesonderhede. Ons samel u naam en kontakbesonderhede in, byvoorbeeld u e-posadres en telefoonnommer, wanneer u navrae aan ons stuur (byvoorbeeld deur ’n “Kontak ons”-vorm wat die webtuistes aan u beskikbaar stel) of wanneer u vra om hulpbronne soos witskrifte en nuusbriewe te ontvang.
- Gemeenskapsregistrasie-inligting. Wanneer u deur die webtuistes registreer om by ons gemeenskap aan te sluit, samel ons sekere persoonlike inligting omtrent u in, wat u deur aanlynvorms verskaf. Hierdie inligting sluit in: u naam en van, geboortedatum, geslag, e-posadres, posadres, telefoonnommer en gesondheidsinligting wat vir u van belang is. Ons gebruik hierdie inligting om te bepaal of u geskik mag wees om in te skryf vir ’n kliniese studie, en om u te kontak in verband met sekere studies waarin ons dink u mag belangstel.
- Inligting omtrent kwalifisering en inskrywing by ’n kliniese studie. Wanneer ons dink dat u in ’n sekere kliniese studie mag belangstel, kan ons u kontak om te versoek dat u bykomende inligting verskaf via ’n vraelys, insluitend inligting omtrent u gesondheids- en mediese geskiedenis, om te bepaal of u voldoen aan die kriteria vir daardie kliniese studie. Indien u daarin belangstel om u minderjarige kind aan ’n kliniese studie te laat deelneem, kan u ook u minderjarige kind se geboortedatum en mediese inligting verskaf om te bevestig of u kind voldoen aan die kriteria vir daardie spesifieke studie.
- Gevolgtrekkings. Om ons vermoë om ons dienste aan u te verskaf, te verhoog, kan ons u persoonlike inligting vergelyk met saamgevoegde inligting oor groepe mense in soortgelyke omstandighede om sodoende gevolgtrekkings oor u te maak. Byvoorbeeld, ons kan die gevolgtrekking maak dat daar ’n 50% kans is dat u geskei is, as ons in ag neem dat u voorstad ’n 50% egskeidingkoers het. Ons gebruik hierdie gevolgtrekkings om te help bepaal of u dalk sal belangstel in ’n kliniese studie.
- Vertel-’n-vriend. Ons kan dalk gebruikers toelaat om hulle vriende van kliniese studies te vertel, deur van ons verwysingsprogram gebruik te maak. Wanneer u ons verwysingsprogram gebruik, kan ons u vra om ’n vriend se naam en e-posadres te verskaf, wat ons sal gebruik om outomaties slegs een e-pos aan hom of haar te stuur as uitnodiging om ons webtuistes te besoek.
- Inligting wat ons van ons datavennote ontvang. Acurian het vennootskappe met verskeie maatskappye wat inligting van verbruikers insamel, wat self-gerapporteerde gesondheidsinligting kan insluit. Indien u persoonlike inligting aan een van hierdie datavennote verskaf het (insluitend inligting oor u gesondheid, koopgewoontes of leefstyl) en u het aangedui dat u belangstel in kliniese studies of gesondheidsinligting, kan ons u persoonlike inligting van die datavennoot ontvang.
- Inligting wat ons van openbare rekords insamel. In sommige omstandighede kan ons inligting omtrent u van openbare bronne insamel, byvoorbeeld openbare telefoongidse. Ons kan daardie inligting koppel aan inligting wat ons van u insamel, of wat ons van ons datavennote ontvang. Ons gebruik hierdie inligting om te bepaal of u geskik mag wees vir inskrywing in ’n kliniese studie, asook om u te kontak in verband met sekere studies waarin ons dink u sal belangstel.
- Inligting wat ons van derde party sosiale mediaplatforms insamel. In sekere omstandighede kan ons inligting omtrent u insamel wat u beskikbaar gestel het op derde party sosiale mediaplatforms soos Facebook, Twitter en LinkedIn, wanneer ons op hierdie platforms met u kommunikeer. Ons gebruik hierdie inligting om te bepaal of u geskik mag wees vir inskrywing in ’n kliniese studie, asook om u te kontak in verband met sekere studies waarin ons dink u sal belangstel.
- Leefstylgebaseerde analitiese inligting In sommige gevalle kan ons u per e-pos kontak in verband met moontlike kliniese studies, waar inligting wat u vrywillig aan ons datavennote verskaf het, of openbare inligting, gebaseer op ons ontledings van verskeie demografiese en sosiale neigings, daarop dui dat u voordeel kan trek uit sodanige studies.
- Professionele kontakbesonderhede. Indien u ’n studieborg is en saam met ons werk, of belangstel om saam met ons te werk, sal ons professionele kontakbesonderhede wat u aan ons verskaf, insluitend u naam en van, maatskappy, e-posadres, posadres en telefoonnommer, insamel. Ons gebruik hierdie inligting vir administrasie in ons verhouding met u organisasie en om ons dienste aan u te kommunikeer, insluitend deur die stuur van nuwe inligting en inligting waarin ons dink u sal belangstel.
- Inligting oor loopbane en werwing van werknemers. Indien u aansoek doen vir ’n pos by ons, sal ons sekere persoonlike inligting omtrent u insamel, insluitend u privaat kontakbesonderhede, professionele kwalifikasies en vorige werkgeskiedenis. Ons gebruik hierdie inligting vir ons werwing en evalueringsprosesse van kandidate en om kennis te gee van ons indiensnemingsbesluite.
- Tegniese inligting wat ons outomaties deur die webtuistes insamel. Ons samel outomaties sekere tegniese inligting omtrent u toestel en u gebruik van die webtuistes, in. Hierdie inligting kan insluit: netwerkroeteringsinligting, inligting omtrent u toestel en blaaier, u IP-adres (wat u algemene geografiese ligging of maatskappy kan identifiseer) en die datum en tyd van u besoek. Ons ontvang en teken ook inligting aan omtrent u interaksies met die webtuistes. Vir meer inligting, sien asseblief die “Koekies- en Nasporingstegnologie”-afdeling hieronder.
Bykomend tot die gebruike wat hierbo beskryf word, kan ons ook die persoonlike inligting wat ons omtrent u versamel, behou en gebruik:
- soos nodig om te voldoen aan ons wetlike verpligtinge;
- soos nodig om ons regte te beskerm en/of om te voldoen aan ’n regsaangeleentheid, hofbevel of soortgelyke wetlike proses;
- om geskille op te los en om ons ooreenkomste af te dwing; en
- vir ander doelwitte met u vooraf toestemming.
Hoe ons u persoonlike inligting deel
Ons kan u persoonlike inligting deel met die volgende kategorieë van derde partye om die doelwitte te bereik wat hierbo uiteengesit is en vir die bykomende doelwitte wat hieronder uiteengesit word.
- Ons geaffilieerde maatskappye. Ons kan dalk u persoonlike inligting met ons geaffilieerde maatskappye deel, wat u inligting sal hanteer in ooreenstemming met hierdie beleid.
- Ons diensverskaffers. Ons sal u persoonlike inligting deel met ons diensverskaffers, konsultante en ander verskaffers (byvoorbeeld inbelsentrums, e-posdiensverskaffers en ander tegnologieverskaffers) met wie ons kommunikeer om dienste namens ons te lewe, en wat nie toegelaat word om persoonlike inligting wat hulle van ons ontvang, vir enige ander doelwit te gebruik nie.
- Kliniese studiesentrums. Indien ons dink dat u dalk kwalifiseer om aan ’n kliniese studie deel te neem, sal ons, met u toestemming, sekere van u persoonlike inligting met die kliniese studiesentrum deel om u inskrywing in die kliniese studie te fasiliteer.
- Datavennote. In sommige gevalle kan u persoonlike inligting, insluitend u identiteit en kontakbesonderhede, met ons datavennote gedeel word om hul kontaklyste by te werk en/of te bevestig.
- Om ons wetlike regte te beskerm of om te voldoen aan wetlike vereistes. Ons kan dalk u persoonlike inligting bekendmaak, soos deur die wet vereis, byvoorbeeld om te voldoen aan ’n dagvaardiging of ander regsproses, wanneer ons in goeie vertroue glo dat bekendmaking nodig is om ons regte te beskerm, u veiligheid of ander mense se veiligheid te beskerm, ondersoek na bedrog in te stel, of om te reageer op ’n versoek van die regering.
- Verkoop of oordrag van korporatiewe bates. In die geval van ’n samesmelting, verkooptransaksie, gesamentlike onderneming of ander transaksie wat die oordrag van ons onderneming of bates behels, kan ons u inligting aan ander partye wat by die transaksie betrokke is, oordra. Enige entiteit wat Acurian se databates verkry, sal dit slegs verkry met die uitdruklike, skriftelike verbintenis om die data slegs vir gemagtigde doelwitte te gebruik, en om ’n soortgelyke vlak van privaatheid en inligtingsekuriteitsbeskerming te behou. U sal via e-pos of kennisgewing op ons webtuiste in kennis gestel word van enige verandering in eienaarskap of gebruike van u persoonlike inligting, sowel as die keuses wat u mag hê met betrekking tot u persoonlike inligting.
- Met u toestemming. Ons kan dalk u persoonlike inligting aan ander derde partye bekendmaak met u vooraf toestemming.
Koekies / Nasporingstegnologie
Soos die geval met die meeste webtuistes en toepassings, samel ons sekere inligting tydens u gebruik van ons webtuistes in, wat ons in lêers stoor. Hierdie inligting kan insluit: internetprotokol (IP-)adresse, blaaiertipe, internetdiensverskaffer (IDV), verwysende/uitgangblaaie, bedryfstelsel, datum-/tydstempel en/of klikstroomdata. Ons kan dalk hierdie inligting wat outomaties ingesamel word, kombineer met ander inligting wat ons omtrent u ingesamel het. Ons gebruik hierdie inligting om die gebruik van ons webtuistes te analiseer en om die webtuiste se funksionaliteit te verbeter.
Ons maak ook van koekies gebruik. ’n Koekie is ’n datalêer wat deur ’n webtuiste-operateur op die hardeskyf van ’n besoeker se rekenaar na hul webtuiste geplaas word. Eerste party-koekies (wat deur Acurian geplaas word) en derde party-koekies (wat deur ander partye saam met wie ons werk, geplaas word) kan vir die volgende doelwitte op u rekenaar geplaas word wanneer u ons webtuistes besoek: om die gebruiker se ervaring te verbeter, insluitend deur die webtuistes in staat te stel om u en u voorkeure te onthou, soos u deur verskillende blaaie gesoek het; om ons in staat te stel om webtuiste-analises uit te voer; en om te bepaal of besoekers aan die webtuiste later verwysings vir kliniese studies word. Een van die maniere waarop ons dit doen, is deur die gebruik van Google Analytics wat data-lae gebruik, wat hier gelys word. Vir meer inligting oor hoe Google Analytics data gebruik en verwerk, besoek asseblief https://www.google.com/policies/privacy/partners/.
Acurian en derde partye saam met wie ons werk, kan ook koekies plaas en webbakens op ons webtuiste gebruik om inligting oor u soek-aktiwiteite in te samel, en daardie inligting kan gebruik word om inhoud te lewer wat relevant is tot u belangstellings, insluitend ons advertensies, op ons webtuistes en elders op die internet. Ons kan ook daardie tegnologie gebruik om die nut vir u van ons advertensies en inhoud wat aan u gelewer is, te verstaan, byvoorbeeld of u op ’n advertensie gekliek het. Indien u nie wil hê dat hierdie inligting gebruik word vir die doel om aan u advertensies te bied waarin u sal belangstel nie, kan u uitteken deur hier te kliek (of indien u in die Europese Unie is, kliek hier). Let asseblief daarop dat, wanneer u uitteken, dit nie beteken dat u nie advertensies sal ontvang nie. U sal steeds generiese advertensies ontvang.
Op hierdie stadium reageer ons nie op blaaierseine van “moenie naspoor nie”, maar die meeste blaaiers sal ’n besoeker toelaat om te kies watter koekies op sy of haar rekenaar geplaas kan word, en om koekies uit te vee of buite werking te stel. Indien u kies om koekies buite werking te stel, mag u steeds ons webtuiste gebruik, maar u vermoë om sekere funksies van ons webtuistes te gebruik, kan beperk wees.
Sosiale media-funksies
Ons webtuistes kan sekere sosiale media-funksies insluit, soos Facebook se “Like”-knoppie en funksies soos die “share this”-knoppie of interaktiewe mini-programme wat op ons webtuiste bedryf word. Hierdie funksies kan u IP-adres insamel, inligting oor watter blad op ons webtuiste u besoek en ’n koekie kan gestel word om die funksie behoorlik te laat werk. Sosiale media-funksies kan deur ’n derde party gebied word, of dit kan direk op ons webtuistes en toepassings gebied word. U interaksies met hierdie kenmerke word met die privaatheidsbeleid van die maatskappy wat dit verskaf, bestuur.
U keuses in verband met u persoonlike inligting
- Wanneer u registreer om by Acurian se gemeenskap aan te sluit, of ’n vooraf-kwalifiseringsvraelys van ’n spesifieke kliniese studie voltooi, gee u toestemming dat Acurian en sy affiliate u op verskillende maniere kan kontak oor kliniese studies waaarvoor u geskik kan wees, insluitend telefoon, e-pos en gewone pos. Indien u nie gekontak wil word nie, kan u bloot nie registreer nie en nie die vraelys voltooi nie, wat u vermoë sal beperk om aan kliniese studies waarvoor ons werwingsdienste verskaf, deel te neem.
- Ons kan soms u toestemming verkry vir spesifieke gebruike, of om u persoonlike inligting bekend te maak, waarna ons verwys as “inteken”. Indien u toestemming verleen het vir spesifieke gebruik of bekendmaking van u inligting, kan u u toestemming vir verdere gebruik of bekendmaking terugtrek, deur ons te kontak by information@acurian.com. Let asseblief egter daarop dat die ontrekking van u toestemming geen invloed sal hê op enige gebruik of bekendmaking wat voor die ontrekking plaasgevind het nie.
- U kan ook uitteken van ontvangs van ons kommunikasie, insluitend e-posse met bemarking en nuusbriewe. U kan kliek op die “teken uit”-skakel onderaan elke kommunikasie wat u ontvang. Om geheel en al uit te teken van ontvangs van enige kommunikasie van ons, stuur asseblief ’n e-pos met die onderwerp “Teken uit” aan information@acurian.com.
- U mag versoek dat ons inligting aan u verskaf oor of ons u enige van u persoonlike inligting hou of verwerk namens ’n derde party. Om hierdie inligting te versoek, kontak ons asseblief by information@acurian.com.
- U kan enige tyd versoek om u persoonlike inligting of u kind se inligting reg te stel, u kontakvoorkeure te verander, of u of u kind se inligting uit te wis, deur ons te kontak by information@acurian.com.
Inligtingsekuriteit
Ons hou inligtingsekuriteitsmaatreëls in stand, wat redelik ontwerp is om u persoonlike inligting te beskerm teen ongemagtigde toegang, gebruik en wysiging. Let egter asseblief daarop dat geen metode van oordrag oor die internet, of enige metode van elektroniese bewaring, 100% beveilig kan word nie. Daarom kan ons nie die absolute sekuriteit van u persoonlike inligting waarborg nie.
Databeskermingswette
In regsgebiede met databeskermingswette, sal ons verseker dat individue alle relevante inligtingsregte kan uitoefen in verband met hul persoonlike inligting wat ons verwerk, insluitend die regte van toegang en regstelling, om direkte bemarking te verhoed, verwerking te blokkeer en data uit te wis.
Skakels na derde party-webtuistes
Ons webtuiste sluit skakels na ander webtuistes en toepassings in (insluitend, maar nie beperk tot sosiale netwerke soos Facebook en Twitter) wie se privaatheidspraktyke van dié van Acurian kan verskil. Indien u persoonlike inligting aan enige van hierdie webtuistes en toepassings verskaf, word u inligting bestuur volgens hul privaatheidsbeleid. Ons moedig u aan om die privaatheidsbeleid van enige webtuiste wat u besoek, sorgvuldig te lees.
Navrae, klagtes en versoeke om regte uit te oefen
Alle kommunikasies, navrae, versoeke oor inligtingsregte (byvoorbeeld toegang tot data) of klagtes oor individue wat in die Europese Unie woon, kan gerig word aan:
- vir aandag: vise-president van Global Privacy, EU Databeskermingsbeampte, Granta Park, Cambridge, CB21 6GQ. Verenigde Koninkryk, of
- per e-pos aan dpo@acurian.com
Die vise-president van Global Privacy, EU Databeskermingsbeampte is as Databeskermingsbeampte aangewys onder die Algemene Databeskermingsregulasie (GDPR).
Alle ander kommunikasie navrae, versoeke oor inligtingsregte (byvoorbeeld toegang tot data) of klagtes, kan gerig word aan:
- per e-pos aan information@acurian.com
- per faks aan (215) 323-9001, Aandag: Privaatheidsbeampte
- per gewone pos na Acurian, Inc., aandag: Privaatheidsbeampte, 929 N Front St, Wilmington, NC 28401.
Internasionale inligtingsoordrag, EU-VS en Switserland-VS privaatheid
Acurian kan persoonlike inligting van sy geaffilieerde maatskappy ontvang. Acurian het maatreëls ingestel om te verseker dat voldoende beskerming gebied word aan sodanige inligtingsoordrag. Acurian het byvoorbeeld die standaarddatabeskermingsklousules (“SDPC”) vir die doel van oordrag en ontvangs van sekere persoonlike inligting van die Europese Ekonomiese Area, uitgeoefen. Inwoners van die EU wie se persoonlike inligting onder hierdie SDPC hanteer word, mag ’n afskrif van die ooreenkoms van Acurian aanvra deur die kontakbesonderhede te gebruik wat hieronder gelys word.
Bykomend hiertoe, neem Acurian (en sy filiale, Panoply Health Beperk) deel aan en het sy voldoening gesertifiseer aan die EU-VS privaatheidskildraamwerk en Switserland-VS privaatheidskildraamwerk, soos uiteengesit deur die VS se Departement van Handel, wie se raamwerk persoonlike inligtingsoordrag vanaf die Verenigde Koninkryk insluit. Acurian het aan die Departement van Handel gesertifiseer dat dit voldoen aan die privaatheidskildbeginsels. Indien daar enige konflik besteen tussen die bepalings in hierdie privaatheidsbeleid en die privaatheidskildbeginsels, sal die privaatheidskildbeginsels oorheers. Om meer te wete te kom oor die privaatheidskildprogram en om ons sertifisering te sien, besoek asseblief https://www.privacyshield.gov/.
Acurian is verantwoordelik vir die verwerking van persoonlike inligting wat ontvang word, onder die bepalings van die standaard kontraktuele klousules en onder elke privaatheidskildraamwerk, en vervolgens oordragte na ’n derde party wat as agent namens hom optree. Acurian voldoen aan die privaatheidskildbeginsels vir alle voorwaartse oordragte van persoonlike inligting van die EU en Switserland, insluitend die voorwaartse oordrag-aanspreeklikheidsbepalings.
Vir persoonlike inligting wat ontvang of oorgedra is ingevolge die privaatheidskildraamwerk, is Acurian onderworpe aan die regulerende toepassingsmagte van die VS se Federal Trade Commission. In sekere situasies mag daar van Acurian vereis word om persoonlike inligting bekend te maak in reaksie op wettige versoeke deur openbare owerhede, insluitend om te voldoen aan nasionale sekuriteit of wetstoepassingsvereistes. Acurian het maatreëls ingestel om te verseker dat voldoende beskerming gebied word aan die inligting, volgens wettige mandaat.
Ter voldoening aan die privaatheidskildbeginsel, verbind Acurian hom daartoe om op te tree in geval van klagtes oor die insameling of gebruik van u persoonlike inligting. EU en Switserse individue met navrae of klagtes in verband met ons privaatheidskildbeleid, moet eers vir Acurian kontak:
- per e-pos by information@acurian.com; of
- per faks aan (215) 323-9001, Aandag: Privaatheidsbeampte
- per gewone pos aan Acurian Ing., Aandag: Privaatheidsbeampte, Walnut Groverylaan 2, Suite 375, Horsham, PA, 19044.
Indien u bekommerd is oor u privaatheid of gebruik van inligting en ons het dit nie bevredigend aangespreek nie, kontak asseblief ons VS-gebaseerde derde party konflikhanteringsverskaffer (gratis) by https://feedback-form.truste.com/watchdog/request.
Onder sekere omstandighede, wat meer volledig omskryf word op die privaatheidskildwebtuiste, mag u u beroep op bindende arbitrasie wanneer ander konflikhanteringsprosedures nie suksesvol was nie.
Kinders onder 13
Ons webtuistes is nie bedoel vir kinders onder die ouderdom van 13 nie. Niemand onder die ouderdom van 13 mag enige persoonlike inligting aan ons deur die webtuistes verskaf nie. Ons sal nie wetend persoonlike inligting van kinders onder 13 insamel nie. Indien u onder 13 is, moenie ons webtuistes gebruik of enige inligting deur ons webtuistes verskaf nie. Indien ons agterkom dat ons deur die webtuistes persoonlike inligting ingesamel of ontvang het van ’n kind onder 13, sal ons daardie inligting uitwis.
Veranderinge aan die beleid
Ons hersien gereeld ons beleid om te verseker dat dit ’n toepaslike vlak van beskerming van u persoonlike inligting bied. Ons maak ook van tyd tot tyd veranderinge aan ons beleid om te verseker dat dit belyn is met die nuutste bedryfstandaarde, soos wetlik vereis. Ons sal die datum van die mees onlangse hersienings op hierdie blad plaas. Kom kyk asseblief van tyd tot tyd hier om seker te maak dat u op hoogte bly van die nuutste inligting oor ons beleid. Hou asseblief in gedagte dat u gebruik van ons webtuiste beteken dat u hierdie beleid aanvaar. Vir meer inligting, lees asseblief ons Bepalings van gebruik. Indien ons ’n wesenlike verandering aan hierdie beleid maak, sal ons u hier daarvan in kennis stel, per e-pos of deur middel van ’n kennisgewing op ons tuisblad, voordat die veranderinge in werking geste